Friday, August 12, 2011

Colin Halgryn - Oud maar nog nie koud nie!

Ons eie Roger Federer! Colin Halgryn, oud-leerling en -onderwyser, het op 70 jarige ouderdom (nee, dis nie 'n tikfout nie - sewentigjarige ouderdom!) sy Protea kleure in tennis verwerf.

Hy is in November 2010 deur die George Sportakedemie genomineer vir Nasionale Kleure in Tennis Suid-Afrika se Meestersafdeling.

Baie geluk Colin - dit wil gedoen wees!



Thursday, October 12, 2006

Swem



Die volgende is 'n uittreksel uit die Dassieblad van 1945 oor die opening van die swembad:

Agtien April 1945 was vir die Dassiebult sommer 'n groot dag. Die verrigtinge het 'n aanvang geneem met 'n puik vertoning van ons kadetafdeling by geleentheid van die inspeksie wat deur Adv. Roberts (die destydse Sekretaris van Onderwys) by die voetbalveld waargeneem is. Kapt. Joubert, met sy offisiere en al die kadette, het eer van die skitterende wyse waarop hierdie vertoning uitgevoer is.
By die swembad, waar 'n aansienlike skare vergader het, is die publiek deur die waarnemende prinsipaal verwelkom.
'n Boodskap van die oud-Dasse in Kaapstad en hul groete is deur mnr. P. D. Cilliers oorgebring.
Voordat mnr. Roberts deur ons burgemeester, mnr. J. R. Urban, op gepaste wyse voorgestel is, het mnr. Helm met 'n aantal leerlinge 'n kort gimnastiek-vertoning, wat baie byval gevind het, gegee.
Adv. Roberts het o.m. verklaar dat dit 'n skande is dat 'n volk kan toelaat dat sy kinders opgevoed word in inrigtings wat nie oor behoorlike uitrusting beskik nie. Die kind moet voorberei word vir sy werksure sowel as vir sy vrye tyd. Ons opvoeding moet van die kind 'n goeie burger maak met 'n gesonde liggaam en die nodige kennis om hierdie liggaam gesond te hou. Ontwikkeling van die kulturele sy is ook noodsaaklik. Geld wat vir hierdie doel aangewend word kan nie beter bestee word nie.
Toe hy die bad oop verklaar, het die water na alle kante gespat soos die Dassies induik.
Mnr W. F. Nel, ons magistraat en voorsitter van ons Adviserende Raad, het mnr. Roberts op gepaste wyse bedank.
Die wyse waarop die skoolsaal versier was, en die gehalte van die verversings deur ons dames aan die publiek aangebied aan die einde van die verrigtinge het baie gunstige kommentaar aan die aanwesiges ontlok .










1987


1988


1989


1990


1991

Tennis

1962



1985

1987


1988


1991


1992


1993


1994



1996